Toe sê ek: ‘Ek het al uitgetrek, hoekom moet ek weer aantrek? Ek het my voete al gewas, hoekom moet ek hulle weer laat vuil word?’ (vers 3)

Vers 2-7 is ’n droom wat begin met opgewonde afwagting, maar dan in ’n nagmerrie ontaard. Iets het verskriklik skeefgeloop, en haar beminde is weg. Dalk het sy hom te lank aan ’n lyntjie gehou (vers 3), en het die geterg geboemerang? Dalk het sy nie haar man waardeer nie, en het hy hom teruggetrek?
Spyt kom altyd te laat. Dit gebeur ongelukkig in ’n huwelik dat misverstande of verwaarlosing verwydering tussen man en vrou kan bring. Dan kos dit harde werk om die misverstand of probleem uit te stryk. Dan help dit nie om jou op te ruk en te hoop dinge kom vanself weer reg nie. Dan moet jy die liefde weer gaan soek en die verhouding herstel. Dit maak nie saak wie of wat die oorsaak van verwydering was nie. Steek jou trots in jou sak en soek toenadering. Dís wat hierdie droom sê.
Moenie jou eggenoot as vanselfsprekend aanvaar nie. Bly werk aan jou huwelik. Bly soek na wat vir jou van die begin af mooi was, en ontdek elke dag iets nuuts waaroor jy opgewonde kan raak.

image_pdfimage_print

Views: 17

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.