My beminde bruid is ’n tuin wat toegemaak is, ’n tuin met ’n muur om, ’n fontein wat afgekamp is. (vers 12)

Hoogl 3:6-11 beskryf ’n huweliksprosessie en -seremonie, en in hoofstuk 4 besing die man sy bruid se lieflikhede en haar begeerlikheid. Sy is vir hom pragtig, en het sy hart gesteel met een kyk van haar oë (vers 9). Haar liefkosings is verruklik (vers 10, 2020-vertaling).
Sy is soos ’n tuin met ’n muur om en ’n verseëlde fontein. Daarmee sê hy sy bruid behoort net aan hom alleen. Die tuin is ’n lushof met heerlike vrugte en kruie om te geniet. Dit is privaat, en slegs hy het toegang noudat hulle getroud is. Dit het nou ook sý tuin geword (vers 16). So word twee een in die huwelik.
Dis hoe God dit van die begin af bedoel het, soos die Here Jesus dit in Matt 19:5-6 helder uitspel. Die huwelik is eksklusief, net vir twee mense bedoel, en nét hulle mag (en moet) die vrugte daarvan geniet. Dis dalk ook wat die man wil sê as hy sy bruid se nek met die Dawidstoring vergelyk (vers 4) – ’n vesting wat nie enige iemand kan betree nie.
O, om mekaar só te mag besit en geniet!

image_pdfimage_print

Hits: 11

Volg en laaik my asb:
onpost_follow
Tweet
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.