My duif in die klipskeure, in die skuilplek teen die krans, wys my jou gesig, laat hoor my jou stem. (vers 14a)

Ek lees iemand sê as ’n mens na die huwelike in die algemeen kyk, moet ons sê daar is baie mense wat getroud is, maar daar is nie baie wat ’n huwelik het nie.
Dís nie hoe God dit bedoel het nie. God het die huwelik bedoel as ’n plek waar ’n mens veilig en geborge kan wees, en ook seksueel vervuld kan leef. Dis die konteks vir Hooglied se liefdesliedere. Party van hulle is nogal taamlik eroties. Maar die raamwerk waarbinne hierdie liedere pas, is die huwelik. Buite (en voor!) die huwelik mag dit nie. Daarom roep die meisie in vers 7 dat jy moet wag tot die tyd daarvoor ryp is. Daarom verlang die man en meisie so na mekaar, want hulle is nog nie getroud nie. Die man sê in vers 14 sy meisie is soos ’n duif in die klipskeure, in die skuilplek teen die krans – veilig maar onbereikbaar. Hy kan haar maar net op ’n afstand bewonder.
Deesdae word daardie afstand helaas nie meer gehandhaaf nie. G’n wonder dat huwelike sukkel nie.

image_pdfimage_print

Views: 24

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.