Jaco se Bybelkoerant

meer as net ’n Bybelblog

die ou-ou tyding in ’n nuwe baadjie

WELKOM

Die Bybel is nie net ‘n versameling antieke verhale nie. Dit is die lewende Woord van God wat vandag nog mense se lewens verander.

Jaco se Bybelkoerant bied vars perspektiewe op bekende Bybelgedeeltes, historiese agtergrond, aktuele besinning, geloofsvrae en geestelike verdieping—alles aangebied soos nuus wat vandag gebeur.

Hier word die ewige evangelie vertel asof dit weer eerste nuus is.

Want die Woord van God raak nooit oud nie. Net ons manier om dit te vertel.

Die hemel en die aarde sal tot ‘n einde kom,
maar my woorde sal beslis nie tot ‘n einde kom nie.

 

Matteus 24:35 AFR20

Rubrieke

Hier kan jy die verskillende rubrieke volg

Wag op die Here! 31

Slegs wag Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek. Net Hy is my rots en my redding. Psalm 62:6-7 Dit kan gebeur dat jy voortdurend op God wag, maar dat ander sake tussenbeide kom en keer dat jy die volle seën ontvang. Daarom moet jy mooi let op wat die psalm…

Eva, die vrou wat alles opgemors het

Eva, die vrou wat alles opgemors het

Genesis 2 tot 4 Eva was nie net verantwoordelik daarvoor dat die mensdom die paradys kwyt is nie; sy het ook die diskriminasie en onderdrukking van geslagte en geslagte vroue deur die eeue op haar gewete. Ek wonder partykeer of sy besef presies hóéveel ellende daardie…

Gen 13:1-18 OM DIE ONSIENLIKE TE SIEN

Daar is ’n ou spreekwoord wat lui: Geldgierigheid is die wortel van alle kwaad. Want rykdom en besittings het die manier om in jou hart te kom kruip, en só diep in jou hart in te kruip dat dit later jou optrede bepaal. Dit is ook wat hier in ons teksgedeelte gebeur…

Epiklese-gebed nav (onder andere) Openb 1:12-20

Epiklese-gebed nav (onder andere) Openb 1:12-20

Here ons GodOns aanbid u vanoggend as die Heer van alle here, as die Koning van die konings. Ons aanbid U as die Skepper en Onderhouer van die heelal, U wat gepraat het, en dit was daar, U wat met ’n enkele magswoord die ganse skepping in aansyn geroep het. Hoe groot…

Bybelkarakters – Adam

Bybelkarakters – Adam

Die man wat met ’n skoon lei kon begin Sy verhaal Hy kyk oorstelp na die wêreld om hom. Daar is oral nuwe dinge. Álles is nuut, en wonderlik. Hy buig af, trek ’n blom nader. Die fluweelsagte pienk blare voel broos onder sy vingers. Versigtig, bang om die blom seer te…

No Results Found

The page you requested could not be found. Try refining your search, or use the navigation above to locate the post.

My Boeke

Jy kan enige van my boeke bestel. Hierdie boeke is klaar gereed. As jy ‘n ander boek (ePub of gedruk) wil hê, kontak my asb.

Meer oor Jaco Thom

Ek was nog altyd baie lief vir die Bybel, en hou ouer ek word, hoe beter verstaan ek dat my roeping presies hier lê: om die Bybel vir mense toeganklik te maak.

Alles wat ek skryf, het hiermee te make. My gebed is dat hierdie deel van my skryfwerk ook vir jou sal help om elke dag met groter verwondering voor God te leef.

My bediening is daarop gemik om die Bybel meer toeganklik vir die moderne leser te maak.

Ek ontvang graag voorstelle en kommentaar oor hoe ek dit beter kan doen, so skryf asb!

Laat hoor van jou!

 

Jaco se Bybelkoerant

My adres

Barend Wessels Gedenksentrum 48,
NP van Wyk Louwstraat 6,
Langenhovenpark
Bloemfontein 9301

image_pdfimage_print

Views: 41252