Drie-enige God Ons aanbid U as God, die Vader van ons Here Jesus Christus, en ons dank U dat ons in U kan glo en mekaar kan liefhê. Ons weet, Here, dat dit nie uit onsself kom nie, maar gegrond is op die hoop wat vir ons in die hemel bewaar word. O Vader wat ons...
n.a.v. 1 Kor. 10:13 Here, God van Abraham, Isak en Jakob, God van Moses en Paulus, Ek kom in nederige ootmoed voor U buig. Want ek is bang, Here. Ek is bang ek kan dieselfde pad as die Israeliete stap. Ek is bang ek beland in die kloue van die duiwel, en hy sleep my...
Ons God, ons is te skaam, ons het nie die vrymoedigheid om ons kop voor U op te tel nie. Ons sonde is hoog opgestapel, ons misdade staan hemelhoog. Van die tyd van ons voorvaders af tot vandag toe is ons bestaan vol oortredings teen U. Wat kan ons nou sê, ons God? Ons...
Openbaringe 4 Dankie, Hemelse Vader, dat ons onder ’n geopende hemel kan lewe, dat ons kan weet U sit op die troon, dat U die geskiedenis en ons lewens in U vaderhande veilig hou. Dankie, Here Jesus, dat U die Koning van u kerk is en altyd sal bly, dat U regeer, ook...
Lukas 21:28As hierdie dinge begin gebeur, staan dan regop en lig julle kop op, want dan is julle verlossing naby. Here, dankie dat U ons daaraan herinner dat U aan die kom is; dat daar ’n dag sal aanbreek wanneer U op die wolke van die hemel sal verskyn om alles te...
Ons dank U, Jesus Christus, dat U by ons is, al die dae van ons lewe. Dankie dat U by ons is ∙ as ons bly is, om saam met ons te juig∙ as ons vrolik is, om saam met ons te lag∙ as ons hartseer is, om saam met ons te ween∙ as ons gespanne is, om die senuwees te...