Die evangelie, die goeie nuus wat die Bybel aan ons oordra, is dat God met ons praat en wil praat. Van die begin af was dit so, en reg deur die Bybel hoor ons dit telkens: God is ’n sprekende God. God praat, want Hy is nie in Homself gekeer nie. Hy kommunikeer in...
Ons is natuurlik nie almal op dieselfde plek in die lewe vanmiddag nie. Dalk is jy ook waar Dawid is; is jy net eenvoudig oorweldig deur die wonder van God se liefde en genade vir jou. En wil jy God saam met Dawid (vs 1,2) loof en prys oor sy goedheid en grootheid en...
Simson was ’n baie sterk man. Hy kon eintlik doen wat hy wou, want niemand kon enig-iets aan hom doen nie. Die Bybel vertel vir ons dat hy allerhande wonderlike dinge aangevang het. Hy het ’n leeu met sy kaal hande verskeur; hy het 30 Filistyne sommer in ’n japtrap...
As jy aan sukses dink, wat is die woorde wat by jou opkom? In die meeste van ons se denke vereenselwig ons sukses met groot of blink of magtig of invloedryk of ryk of baie. In die kerk is dit nie anders nie. Die gemeente met die meeste lidmate, of die modernste...
Dis vir my nogal interessant, die opmerking wat Gideon maak toe die Engel van die Here aan hom verskyn. Hy vra: “Waar is al (die Here se) magtige dade waarvan ons voorvaders ons vertel het toe hulle gesê het: ‘Het die Here ons nie uit Egipte bevry nie?’” (vs 13)....
Daar is ’n ou spreekwoord wat lui: Geldgierigheid is die wortel van alle kwaad. Want rykdom en besittings het die manier om in jou hart te kom kruip, en só diep in jou hart in te kruip dat dit later jou optrede bepaal. Dit is ook wat hier in ons teksgedeelte gebeur...