Jaco se Bybelkoerant
meer as net ’n Bybelblog
die ou-ou tyding in ’n nuwe baadjie
WELKOM
Die Bybel is nie net ‘n versameling antieke verhale nie. Dit is die lewende Woord van God wat vandag nog mense se lewens verander.
Jaco se Bybelkoerant bied vars perspektiewe op bekende Bybelgedeeltes, historiese agtergrond, aktuele besinning, geloofsvrae en geestelike verdieping—alles aangebied soos nuus wat vandag gebeur.
Hier word die ewige evangelie vertel asof dit weer eerste nuus is.
Want die Woord van God raak nooit oud nie. Net ons manier om dit te vertel.
Die hemel en die aarde sal tot ‘n einde kom,
maar my woorde sal beslis nie tot ‘n einde kom nie.
Matteus 24:35 AFR20
Rubrieke
Hier kan jy die verskillende rubrieke volgWag op die Here! 30
Wag voortdurend Maar jy, na jou God moet jy terugkeer. Lê jou toe op troue liefde en wat reg is, en wag altyddeur op jou God. Hosea 12:7 (AFR20) Ononderbroke en voortdurende toewyding is noodsaaklik vir ’n gesonde Christelike lewe. Wag op God is die kern van ware…

Bybelkarakters – Adam
Die man wat met ’n skoon lei kon begin Sy verhaal Hy kyk oorstelp na die wêreld om hom. Daar is oral nuwe dinge. Álles is nuut, en wonderlik. Hy buig af, trek ’n blom nader. Die fluweelsagte pienk blare voel broos onder sy vingers. Versigtig, bang om die blom seer te…
Matt 28:18 Jesus stuur jóú
Verplaas jou vir ’n oomblik terug na die dag van die Here Jesus se hemelvaart. Die dissipels is saam op ’n berg bymekaar, op versoek van die Here. Hy wou ’n laaste woordjie met hulle praat en hulle groet voordat Hy terug sou keer na die hemel. En daar staan die…

Gebed vir hemelvaart
Ons eer U, Here van hemel en aarde,aan U kom toe die heerlikheid en lof vir ewig.Uit die duisternis van die dood het U u Seun verhoogtot aan die regterhand van u majesteit omhoog.Die Wegbereider van ons geloof het sy lyding volbring.Hy het die pad hemel toe vir ons…
No Results Found
The page you requested could not be found. Try refining your search, or use the navigation above to locate the post.
No Results Found
The page you requested could not be found. Try refining your search, or use the navigation above to locate the post.
My Boeke
Jy kan enige van my boeke bestel. Hierdie boeke is klaar gereed. As jy ‘n ander boek (ePub of gedruk) wil hê, kontak my asb.
Meer oor Jaco Thom
Ek was nog altyd baie lief vir die Bybel, en hou ouer ek word, hoe beter verstaan ek dat my roeping presies hier lê: om die Bybel vir mense toeganklik te maak.
Alles wat ek skryf, het hiermee te make. My gebed is dat hierdie deel van my skryfwerk ook vir jou sal help om elke dag met groter verwondering voor God te leef.

My bediening is daarop gemik om die Bybel meer toeganklik vir die moderne leser te maak.
Ek ontvang graag voorstelle en kommentaar oor hoe ek dit beter kan doen, so skryf asb!
Laat hoor van jou!
Jaco se Bybelkoerant
My adres
Barend Wessels Gedenksentrum 48,
NP van Wyk Louwstraat 6,
Langenhovenpark
Bloemfontein 9301
Selfoonnommer
Views: 41252









