Miga
Die verkondiging in die Migaboek is gerig tot mense wat nie hulle dade in ooreenstemming gebring het met hulle geloof in die Here nie. Hulle word gewaarsku om hulle verhouding met God en medemens in orde te bring, of anders die risiko te loop van die Here se vergelding.

Miga, hoofstuk vir hoofstuk
Hoofstuk van die dag: Miga 7
Wie is ’n God soos U? (vers 18) Te midde van ’n see van ongeloof en spotters, bly Miga rotsvas glo: “Maar ek sal vertrou op die Here,” hou hy vol (vers 7). Wanneer alles om jou verkeerd is en mense spottend vra waar is die God op Wie jy hoop, is dit juis die tyd om...
Hoofstuk van die dag: Miga 6
Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God. (vers 8) Kyk ’n mens terug op jou lewenspad, is daar baie dinge waar jy die hand van die Here kan...
Hoofstuk van die dag: Miga 5
Hy sal vrede bring. (vers 4) Ons weet vandag wie die Een is van wie Miga profeteer: die Here Jesus. Matteus (2:6) haal dié voorspelling aan wanneer hy skryf oor die geboorte van Jesus in Betlehem. Jesus is die Vredevors (Jes 9:5) wat in ’n wêreld waar alles deurmekaar...
Hoofstuk van die dag: Miga 4
Elke man sal onder sy eie wingerd sit, ongesteurd onder sy vyeboom. Die Here die Almagtige het dit gesê. (vers 4) Hierdie profesie kom uit ’n tyd toe die al slegter met Juda gegaan het. Die skrif was eintlik al teen die muur. Miga bevestig dit in vers 14. Oral is die...
Hoofstuk van die dag: Miga 3
Ek, daarenteen, het baie krag, ek het die Gees van die Here, ’n sin vir reg en die moed om aan Jakob sy sonde bekend te maak, aan Israel sy oortreding. (vers 8) In ’n omgewing waar onreg, korrupsie en immoraliteit aan die orde van die dag is, waar leiers omgekoop word...
Hoofstuk van die dag: Miga 2
Ek sal julle almal bymekaarmaak, Jakob, Ek sal dié vergader wat van Israel oorgebly het ... (vers 12) Ons het hier met ’n debat tussen Miga en die vals profete te make. In verse 1-5 lewer Miga ’n striemende aanval op die maghebbers en sakelui wat die reg vertrap en...
Hoofstuk van die dag: Miga 1
Berge smelt weg onder Hom, laagtes skeur oop. Soos was in vuur smelt, so smelt die berge, hulle loop teen die hellings af soos water. (vers 4) Miga begin sy profesieë met die aankondiging dat God, die Regter van die hele aarde, sy regterstoel bestyg in ’n hofsaak teen...
Views: 47