Hy sal vrede bring. (vers 4)

Ons weet vandag wie die Een is van wie Miga profeteer: die Here Jesus. Matteus (2:6) haal dié voorspelling aan wanneer hy skryf oor die geboorte van Jesus in Betlehem. Jesus is die Vredevors (Jes 9:5) wat in ’n wêreld waar alles deurmekaar is, aan ons die vrede skenk wat alle verstand te bowe gaan (Fil 4:7).

Dit beteken nie dat ons armpies gevou kan sit en kyk hoe die Here Jesus regeer nie. Ons moet tot seën vir ons omgewing te wees, soos reën en dou die aarde benat (vers 6). Dikwels kom dié seëninge in die stilte, byna ongemerk, deur ons lewens (soos Jesus in Matt 5:13 gesê het – ons is die sout vir die aarde). Maar gelowiges is nie swakkelinge wat bloot toeskouers in die wêreld is en dan hoop vir die beste nie. Ons moet soos leeus (vers 7) sterk staan in ons oortuigings en opstaan vir wat reg is.

Natuurlik is dit nodig om hand in eie boesem te steek voordat ons vir ander iets kan beteken. Daarom moet ons seker maak ons stel ons vertroue op die Here alleen, en nie op mag (vers 9-10) of ander sekerhede (vers 11-13) nie.

image_pdfimage_print

Views: 35

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.