Ek sal julle almal bymekaarmaak, Jakob, Ek sal dié vergader wat van Israel oorgebly het … (vers 12)

Ons het hier met ’n debat tussen Miga en die vals profete te make.

In verse 1-5 lewer Miga ’n striemende aanval op die maghebbers en sakelui wat die reg vertrap en weerlose mense uitbuit. Die Here sien dit en sal uiteindelik die grond wat die uitbuiters geroof het, van hulle afvat en dit aan ander gee (vers 5). Jy kan nie mense beroof en dink dit raak nie jou verhouding met God intens nie.

Die vals profete probeer Miga stil maak en die mense paai en na die mond praat. Die Here sal nooit so iets toelaat nie, beweer hulle (vers 6-7).

Miga het egter nuus vir die vals profete. Hulle het God se vyand geword omdat hulle nie die maghebbers aanspreek nie (vers 8-9) en valse gerustheid predik (vers 11). Só beroof hulle die weerloses van hulle goed en waardigheid. Jou godsdiens word sigbaar in die manier waarop jy mense behandel.

Tog is oordeel nie die laaste woord nie. Daar kom ’n tyd dat God self sal ingryp en vir die mense ’n herder wees (vers 12-13).

image_pdfimage_print

Views: 30

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.