Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God. (vers 8)
Kyk ’n mens terug op jou lewenspad, is daar baie dinge waar jy die hand van die Here kan sien. In vers 4 en 5 herinner Miga die Jode daaraan. Ons kan God nie op enige manier daarvoor vergoed nie. Die enigste antwoord op dié seëninge is om die Here daarvoor te eer. Maar hoe?
Miga antwoord kort en saaklik (vers 8):
- Jy moet die reg liefhê en daarvolgens leef.
- Jy moet ’n genadige mens wees teenoor ander.
- Jy moet beskeie voor God leef, in erkentlikheid dat Hy die Een is wat sorg en in beheer is van jou lewe.
Die Jode het dié toets liederlik gedop (vers 9-12). Daarom het die oordeel van die Here hulle getref. Jerusalem is verwoes en die mense in ballingskap weggevoer (vers 16).
En ons?
Views: 58