Die eerste ding wat hom tref toe hy wakker word, is haar oë. Dis anders as die ander oë wat hy al gesien het. Haar oë práát. Hulle vonkel ondeund terwyl sy hom met ’n grashalm al oor sy maag kielie. Toe hy haar aan die pols vasgryp om die gekielie te stop, is haar vel...
Toe ek die afgelope week weer ’n keer na Paulus se pragtige loflied op die liefde in 1 Kor 13 gekyk het, was daar een ding wat nogal vir my uitgestaan het. Die mens wat liefde in sy hart het, so sê 1 Kor 13, dink nie te veel van homself nie. Mense wat liefhet, is nie...
Daar stap vanoggend ’n duifie ewe kordaat oor die pad toe ek in die straat opgery kom, en dit laat my gedagtes dwaal. Hoe lank gaan dié duif leef voordat hy die prooi van ’n motor word? Of dalk van ’n rondloperkat, of ’n valk? Toe ek naderkom, vlieg hy op en verdwyn...
Van ons Ou Testament redaksie EDEN. – Die jong egpaar Adam en Eva, oor wie se huwelik ons vroeër berig het, het begin met ’n bestekopname van die hele Tuin van Eden. Hulle beoog om met dié opname ’n duidelike beeld te kry van presies hoe die tuin, wat hulle tuiste is,...
JERUSALEM. – ’n Bekende geleerde in die stad, prof. Astro Noom, het kongresgangers hier laat regop sit met sy stelling dat die ganse heelal omtrent 15 duisend miljoen jaar gelede uit ’n ontsaglike ontploffing van energie ontstaan het. Dié sg. “oerknal” is volgens hom...