Esegiël

Die boek Esegiël handel oor die ondergang en herstel van Israel en Juda. Dit kyk terug en vorentoe: na Israel se verlede en na die naderende ondergang met sy onseker toekoms. Die boek Esegiël gee in die eerste plek ʼn verklaring vir die ondergang van Juda en Jersualem en vir die ballingskap.

Esegiël, hoofstuk vir hoofstuk

Hoofstuk van die dag: Esegiël 48

Die omtrek van die stad moet nege kilometer wees, en sy naam moet van vandag af wees: Die Here is daar. (Eseg 48:35) ’n Deurlopende tema in die boek Esegiël is Jerusalem, met al die afskuwelike sonde en afgodsdiens wat daarbinne gepleeg is, tot selfs in die tempel....

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 47

Die man met die meetstok het my teruggebring na die ingang van die tempel toe. Toe sien ek daar kom water onder die tempel se drumpel uit aan die oostekant. (Eseg 47:1) Op 22:1-2 steun sterk op hierdie visioen van Esegiël. Daar word die rivier ten regte “die water van...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 45 – 46

Maar wanneer die gewone burgers op feesdae in die teenwoordigheid van die Here wil kom, moet dié wat deur die noordpoort inkom om in aanbidding te buig, by die suidpoort uitgaan, en dié wat deur die suidpoort inkom, moet by die noordpoort uitgaan. Niemand mag...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 44

Hierdie poort moet toe bly, dit moet nie oopgemaak word nie en niemand mag daardeur gaan nie, want Ek, die Here, die God van Israel, het daardeur gekom; die poort moet toe bly. (Eseg 44:2) Die oospoort van die tempelkompleks is die poort waardeur die Here die tempel...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 40 – 43

Mens, jy moet die tempel vir Israel beskrywe, sodat hulle kan skaam kry oor hulle oortredings. Laat hulle die plan van die tempel nagaan, [...] sodat hulle die hele uitleg van die tempel en al die voorskrifte wat vir hom geld, in ag kan neem en daarvolgens kan optree....

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 38 – 39

“Maar,” sê die Here my God, “die dag wanneer Gog die land Israel aanval, sal my toorn teen hom losbreek.” (Eseg 38:18) Gog, die leier van die land Magog, is ’n legendariese, uiters gewelddadige figuur wat angs en verskrikking inboesem. Hy is die verpersoonliking van...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 37

Die Here het vir my gesê: “Mens, al hierdie bene stel die hele Israel voor. Hulle sê: ‘Ons bene is uitgedroog, ons het geen hoop meer nie, dit is klaar met ons.’” (Eseg 37:11) As ’n mens in gedagte hou dat daar in die Ou Testamentiese tye nog nie ’n konsep van lewe ná...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 36

Julle moet weet, sê die Here my God, dat Ek dié dinge nie ter wille van julle doen nie. Al wat julle pas, Israel, is skaamte en skande oor julle optrede. (Eseg 36:32) Die Here beloof aan sy volk ’n nuwe hart en ’n nuwe gees, en dat sy Gees in hulle sal wees sodat...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 35

Julle het groot monde gehad teen My, julle het My vermetel aangespreek. Ek het dit gehoor. (Eseg 35:13) Die Edomiete is die nageslag van Esau, die (ouer) tweelingbroer van Jakob (Gen 25:19 e.v.). Van die begin af was daar wrywing tussen dié twee broers, en selfs nadat...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 34

“Ek sal self my kleinvee se herder wees en hulle rustig laat lê en herkou,”sê die Here my God. (Eseg 34:15) Israel se leiers het hulle oor ’n lang tydperk in die steek gelaat (vers 2 e.v.). Nou sit hulle in ballingskap. Hulle kan nie die leiers meer vertrou nie, want...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 33

Mens, Ek het jou die wag vir Israel gemaak. Wanneer jy by My die opdrag ontvang, moet jy hulle namens My waarsku. (Eseg 33:7) Soos Esegiël Israel se brandwag was, so het die Here Jesus ons ook met ’n boodskap die wêreld ingestuur (Joh 20:21; vgl 2 Tim 4:2). Wat God...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 29 – 32

So sê die Here my God: Ek gaan teen jou optree, farao, koning van Egipte, groot krokodil wat rustig in jou rivier lê en sê: ‘Dis my rivier, ek het hom gemaak!’ (Eseg 29:3) Een kommentator merk op dat hierdie vier hoofstukke verskriklik is om te lees. Inderdaad. Want...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 25 – 28

Dan sal daar nie meer onder die buurvolke van wie Israel soveel minagting verduur, ’n doring wees wat hom bly steek, ’n pendoring wat hom bly pynig nie. Israel sal besef dat Ek die Here God is. (Eseg 28:24) Soos ander profete het Esegiël ook oor die volke wat Israel...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 24

Mens, Ek gaan jou vrou wat jou soveel vreugde gee, van jou af wegvat deur ’n skielike dood. Jy mag nie treur en huil nie, nie ’n traan stort nie. (Eseg 24:17) Waarskynlik is Esegiël se vrou dood van natuurlike oorsake, en nie omdat God haar lewe geneem het nie. God...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 23

Haar suster Oholiba het dit alles gesien. Maar haar wellus en haar onsedelikheid was nog erger as dié van haar suster. (Eseg 23:11) Die gelykenis van die twee susters is ’n kommentaar op die twee koninkryke van Israel en Juda. Esegiël maak gebruik van die beeld van...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 22

Ek het iemand tussen hulle gesoek wat ’n muur sou bou en vir die stad in die bres sou tree dat dit nie vernietig word nie, maar Ek het niemand gekry nie. (Eseg 22:30) Op die vooraand van die nasionale verkiesing soek ons ook oral na iemand wat die land weer op koers...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 21

Sê vir die land Israel: So sê die Here: Ek is jou vyand, Ek gaan my swaard uit sy skede trek en dié wat reg doen sowel as dié wat verkeerd doen, uit jou uitroei. (Eseg 21:3) Die Jode wou maar net nie verstaan dat wat hulle oorgekom het, nie ’n tragiese lot was of...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 20

Maar Ek het My bedwing en gedoen wat die eer van my Naam vereis het. Ek wou nie dat my Naam oneer aangedoen word voor die nasies voor wie se oë Ek my volk uit Egipte gebring het nie. (Eseg 20:22) In hoofstuk 14, toe die Joodse leiers ook die Here deur Esegiël wou...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 19

Jy moet hierdie treurlied sing oor die konings van Israel. (Eseg 19:1) Die treurliedere oor die leeuwelpies (vers 2-9) en die wingerdstok (vers 10-14) handel oor die laaste konings van Juda. Die leeuwyfie is die koningshuis van Juda, en die twee welpies is Joahas (2...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 18

Die woord van die Here het tot my gekom: “Waarom gebruik julle in die land Israel hierdie spreekwoord: ‘Die vaders eet groen druiwe, en dan word die kinders se tande stomp’?” (Eseg 18:1-2) Die lewe is nie regverdig nie. Jy weet dit. In Adam Small se gedig “Die Here...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 17

Al die bome in die veld sal weet dat Ek die Here is. Ek maak groot bome klein en klein boompies groot, Ek laat groen bome verdroog en droë bome bot. Ek, die Here, het dit gesê en Ek sal dit doen. (Eseg 17:14) Die fabel van die wingerdstok, die seder en die arende...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 16

Jy het jou gedra soos ’n skaamtelose hoer. (Eseg 16:30b) Hierdie is die langste hoofstuk in die boek. Esegiël gebruik die metafoor van die huwelik en huweliksontrou om die Jode se ontrou teenoor die Here bloot te lê. Onthou dat huweliksontrou ’n metafoor vir...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 15

So sê die Here my God: “Van al die hout gooi Ek die wingerdhout in die vuur om te brand en so maak Ek met die inwoners van Jerusalem. (Eseg 15:6) Die wingerdstok is dwarsdeur die Ou Testament ’n toonbeeld van verlossing en oorvloedige vreugde (vgl Ps 80:9). Daar is...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 14

Mens, wanneer ’n land teen My sondig en heeltemal troueloos word, en Ek steek my hand teen hom uit [...] sou selfs daardie drie manne van ouds, Noag, Daniël en Job wat volgens my wil geleef het, net hulleself in die lewe kon hou, sê die Here my God. (Eseg 14:13-14)...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 13

Hulle het my volk verlei, hulle het gesê: ‘Dit sal goed gaan’ toe dit nie sou goed gaan nie, en toe die volk ’n muur bou, het daardie profete dit netjies afgewit.’ (Eseg 13:10) Die muur (vers 10) staan vir die hoop van die Jode toe Nebukadnesar se magte gedreig het om...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 12

Ek het die dag my goed wat ek in ballingskap sou wou saamvat, uitgebring en die aand het ek met my hande ’n gat deur die muur gebreek. Ek het in die donker vertrek ... (Eseg 12:7) Hierdie simboliese handeling sluit aan by die vorige een, waar Esegiël Jerusalem moes...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 11

Ek sal hulle ’n ander hart gee en ’n nuwe gees onder hulle laat posvat, Ek sal die kliphart uit hulle liggaam verwyder en hulle ’n hart van vleis gee. (Eseg 11:19) Die grootste krisis wat ’n mens kan tref, is om afgesny van God en sy liefdevolle beskerming en genade...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 10

Toe Hy die man met die linneklere beveel: “Gaan vat vuur tussen die wiele, tussen die gerubs,” het hy langs ’n wiel gaan staan. (Eseg 10:6) Calvyn skryf oor vers 4 dat, soos die magtige teenwoordigheid eens die tempel gevul het, dié teenwoordigheid (God self!) die...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 9

Die Here het [...] gesê: “Gaan deur die stad, deur Jerusalem, en maak ’n merk op die voorkoppe van almal wat sug en kla oor al die afskuwelike dinge wat in die stad gebeur.” (Eseg 9:4) Die ooreenkoms van vers 4 met Eks 12 is ooglopend: dáár is die huise met bloed op...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 8

Hulle dink: die Here sien ons nie, Hy is nie meer in die land nie. (Eseg 8:12) Die visioen wat Esegiël sien, laat jou hare rys. Die leiers van die volk (vers 11), die vroue (vers 13), die priesters (vers 16), almal is besig om God op die gruwelikste wyse te verloën en...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 7

Die dag is hier, dit kom ... (Eseg 7:10) “Die dag van die Here” of net “die dag” is ’n uitdrukking wat die einde van ’n era aandui. By Esegiël is dié dag ook een waarop die Here Homself openbaar, sodat mense opnuut sal besef wie Hy is (vers 9).Die Here is niemand se...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 6

(Dan) sal julle besef dat Ek die Here is. (Eseg 6:7, 10, 13, 14) Die ballinge kon maar net nie verstaan hoekom God die ballingskap toegelaat het nie, en dit ten spyte van al die waarskuwings van Jeremia. Weer en weer het hy gesê dat hulle probleme die gevolg was van...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 4 – 5

Mens, vat ’n baksteen, sit dit voor jou neer en teken daar ’n stad op: Jerusalem. Beleër die stad ... (Eseg 4:1-2) Esegiël, soos ander profete (o.a. Jesaja, Jeremia en Hosea) het van simboliese handelinge gebruik gemaak om hulle boodskap oor te dra. Dis soos ’n...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 3

Hy het vir my gesê: “Mens, eet die boekrol wat Ek jou gee, eet jou vol.” Ek het dit geëet, en dit was soet soos heuning in my mond. (Eseg 3:3) Een van die dinge wat ek as predikant moes leer, is dat die Woord eers met mý moet werk voordat ek dit aan ander kan...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 2

Die stem het vir my gesê: “Mens, staan regop, Ek wil met jou praat.” (Eseg 2:1) Esegiël is deur God persoonlik geroep, met ’n duidelike opdrag. Die gesigte wat hy gesien het, was bisar en sekerlik ook ontstellend (Eseg 1), en God het met ’n hoorbare stem gepraat. Ons...

read more

Hoofstuk van die dag: Esegiël 1

Die woord van die Here het tot die priester Esegiël seun van Busi gekom. Dit het gebeur aan die Kebarrivier in Galdeërland. Die mag van die Here het vir Esegiël daar in besit geneem. (Eseg 1:3) Die jong priester Esegiël is in 597 vC saam met koning Jojagin en die room...

read more
image_pdfimage_print

Views: 118