Jy moet hierdie treurlied sing oor die konings van Israel. (Eseg 19:1)

Die treurliedere oor die leeuwelpies (vers 2-9) en die wingerdstok (vers 10-14) handel oor die laaste konings van Juda. Die leeuwyfie is die koningshuis van Juda, en die twee welpies is Joahas (2 Kon 23) en Jojakim (2 Kron 36:6), wie se regering deur farao Neko van Egipte en koning Nebukadnesar onderskeidelik beëindig is.
Sedekia was die laaste koning van Juda. Hy word met ’n wingerdloot vergelyk wat in hoogmoed te hoog gegroei het (vers 11). Ook sý bewind is wreed kortgeknip (vers 12, vgl 2 Kon 25:2-7). Uiteindelik slaan die wingerdstok aan die brand (vers 14). Die Dawid-dinastie, waarsku Esegiël, sou binnekort doodloop.
Hoogmoed, wreedheid, magsbeheptheid en ontrou aan die Here is ’n resep vir vernietiging. Juda, eens ’n juweel onder die nasies, sal nie bly staan nie, sê Esegiël. Die lied is nie leedvermakerig oor hulle verdiende loon nie. Dis ’n treurlied oor ’n koningshuis wat nie aan hulle roeping getrou was nie. God treur oor die oordeel wat Hy oor sy volk moes bring.
God gee nie net nie; Hy kan ook neem. Die lied is ’n wekroep om te doen wat reg is en om in trou aan die Here te leef.

image_pdfimage_print

Views: 15

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.