1 en 2 Konings
Die boeke 1 en 2 Konings vorm ‘n eenheid en volg op die boeke 1 en 2 Samuel. Dit is die verhaal van die koninkryke van Israel en Juda, en begin by die troonopvolging van Dawid se seun Salomo. Dit eindig by die val van Jerusalem en die Babiloniese Ballingskap.
Die konings word nie in die eerste plek polities behoordeel nie, maar teologies, en telkens word ‘n koning met die regering van koning Dawid vergelyk.

1 Konings, hoofstuk vir hoofstuk
Hoofstuk van die dag: 1 Konings 22
Die koning van Israel sê toe vir Josafat: “Hier is nog een man deur wie ons die Here kan raadpleeg, maar ek haat hom, want hy voorspel vir my nooit iets goeds nie, net altyd die slegste. Dit is Miga seun van Jimla.” (vers 8) Jare later het die Here só aan Esegiël...
Hoofstuk van die dag: 1 Konings 21
Maar Nabot het vir Agab geantwoord: “Mag die Here my daarvan bewaar dat ek die erfgrond van my voorouers ooit aan u sou afstaan!” (vers 3) ’n Mens kan jou nogal verwonder dat Nabot weier om ’n stuk grond aan die koning te verkoop. Hy moes sekerlik die gevolge van sy...
Hoofstuk van die dag: 1 Konings 20
“So sê die Here: Omdat die Arameërs gesê het: ‘Die Here is ’n berggod, Hy is nie ’n god van die vlaktes nie,’ gaan Ek hierdie hele groot menigte in jou mag oorgee. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.” (vers 28) Dis ’n vreemde verhaal, waarin ’n profeet (of dit...
Hoofstuk van die dag: 1 Konings 19
En na die vuur was daar ’n fluistering in die windstilte.Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak en by die bek van die grot gaan staan. (vers 12-13) Miskien was jy ook al daar waar Elia is: terneergedruk, moeg, moedeloos. Al wat jy wil doen, is om...
Hoofstuk van die dag: 1 Konings 18
Toe Agab vir Elia sien, sê Agab vir hom: “Is dit jy, die een wat Israel in die ongeluk stort?” (vers 17, 2020-vertaling) Agab reageer tipies menslik. Die droogte is Elia se skuld, sê hy. Ons is nie geneig om die oorsaak vir ons ellende in onsself en ons optrede te...
Hoofstuk van die dag: 1 Konings 17
(Elia het) tot die Here geroep en gesê: “Here my God, bring U selfs oor die weduwee by wie ek my as vreemdeling bevind, onheil deur haar seun te laat sterf?” (vers 20, 2020-vertaling) Hierdie hoofstuk is vol drama, met die eintlike stryd tussen God en Baäl, die god...
Hoofstuk van die dag: 1 Konings 16
Agab seun van Omri het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, meer as al sy voorgangers. (vers 30) Jerobeam het die goue kalwerdiens in Israel ingevoer, maar sy bedoeling daarmee was nie om weg van Jahwe te draai nie. Die goue kalwers was rydiere vir die Here,...
Hoofstuk van die dag: 1 Konings 15
Abia het dieselfde sondes as sy pa gedoen, en hy was nie so getrou aan die Here as sy voorvader Dawid nie. (vers 3) Koning Dawid was die maatstaf waaraan al die konings van Juda gemeet is. Min het ’n regmerkie van die skrywer gekry; Asa (vers 11) was een van die...
Hoofstuk van die dag: 1 Konings 14
Die duur van Jerobeam se koningskap was twee en twintig jaar. Hy is oorlede, en sy seun Nadab het hom as koning opgevolg. (vers 20) Jerobeam, die eerste koning van die noordelike stamme (genoem “Israel” in onderskeiding van die suidelike ryk “Juda”) het sekerlik meer...
Hoofstuk van die dag: 1 Konings 13
Die óú profeet sê toe vir hom: “Ek is ook ’n profeet net soos jy, en ’n engel het op bevel van die Here vir my gesê: Bring hom terug na jou huis toe en laat hy iets eet en sy dors les!” Maar die óú profeet het vir hom gelieg. (vers 18) Wat het die ou profeet besiel om...
Hoofstuk van die dag: 1 Konings 12
Koning Rehabeam het die raad van die ouer mense in die wind geslaan en die volk geantwoord volgens die raad van die jonger manne ... (vers 13-14) ’n Breuklyn in die stammeverbond wat die volk Israel uitgemaak het, het reg deur Dawid se regering gedreig om die...
Hoofstuk van die dag: 1 Konings 11
Hy het sewe honderd vrouens uit vorstelike families gehad, en ook nog drie honderd byvroue. Dit was sy vrouens wat hom verlei het. (vers 3) Salomo se hordes vroue bring ’n mens by die vraag: “Wanneer is genoeg genoeg?” Vir Salomo was die antwoord klaarblyklik: nooit....
Hoofstuk van die dag: 1 Konings 10
Koning Salomo het al die konings van die aarde oortref in rykdom en wysheid. (vers 23) Salomo laat my met gemengde gevoelens. Aan die een kant was hy die briljante, wys en skatryk koning wat alombekend was in die destydse wêreld, en belangrike figure van oral-oor...
Hoofstuk van die dag: 1 Konings 9
Toe Hiram hierdie stede wat Salomo aan hom oorgedra het, uit Tirus gaan besigtig, was hy teleurgestel ... (vers 12) Die ware Salomo begin hier al meer deurskemer. Nie net is die Here se belofte oor die tempel baie meer genuanseerd as wat ’n mens sou verwag nie (kyk na...
Hoofstuk van die dag: 1 Konings 8
Sou God werklik op die aarde woon? Die hemel, selfs die hoogste hemel, kan U nie bevat nie, hoe dan nog hierdie tempel wat ek gebou het! (vers 27) Hierdie hoofstuk is sentraal in Israel se teologie. God is teenwoordig onder sy mense, maar Hy is ook in die hemel, want...
Hoofstuk van die dag: 1 Konings 7
Aan sy paleis het Salomo dertien jaar gebou voor hy heeltemal klaar was daarmee. (vers 1) Hoewel die skrywer heelwat minder oor Salomo se paleis te sê het as wat hy oor die tempel berig het, begin hy sy beskrywing met die feit dat hy byna dubbeld soveel tyd aan die...
Hoofstuk van dieodieo8 dag: 1 Konings 6
Ek sal tussen die Israeliete woon, Ek sal my volk Israel nie verlaat nie. (vers 13) Van altyd af was groot bouprojekte bedoel om vir die bouer(s) naam te maak. Dink maar aan die toring van Babel (Gen 11:4). Dit was waarskynlik...
Hoofstuk van die dag: 1 Konings 5
Ek sal ook aan u die loon betaal wat u vir u arbeiders vasstel ... (vers 6) As jy begin somme maak oor wat die tempel gekos het, draai jou kop. Só ’n duur tempel sou nie vandag moontlik wees nie. Maar Salomo het geen onkoste en moeite ontsien nie. Net die beste was...
Hoofstuk van die dag: 1 Konings 4
Adoniram seun van Abda was in beheer van die dwangarbeid. (vers 6) Die skrywer berig hier oor die goue era van die Israelse geskiedenis; ’n tyd toe die burgers veilig gewoon het, “elkeen met sy eie wingerdstok en sy eie vyeboom om onder te sit” (vers 25). Dit klink...
Hoofstuk van die dag: 1 Konings 3
Gee my die gehoorsaamheid aan U dat ek u volk reg sal regeer en in alles insig sal hê, want wie kan uit homself hierdie groot volk van U regeer! (vers 9) Dit klink byna soos ’n sprokiesverhaal waarin die goeie fee vir iemand ’n wens gee wat vervul sal word; net, dis...
Hoofstuk van die dag: 1 Konings 2
Daar is ook nog Simeï seun van Gera die Benjaminiet, uit Bagurim. Hy het my vreeslik gevloek ... (vers 8) Die begin van Salomo se regering is wreed. ’n Hele paar koppe rol in die proses – Salomo se broer Adonia, omdat hy as oudste seun ’n sterk aanspraakmaker op die...
Hoofstuk van die dag: 1 Konings 1
Omdat Adonia bang was vir Salomo, het hy aan die horings van die altaar gaan vashou. (vers 50) Adonia was ’n jonger broer van Absalom, en op hierdie stadium die oudste oorlewende seun van Dawid. Dit was duidelik dat Dawid se tyd verby was; selfs nie eers Abisag met al...
Hoofstuk van die dag: 1 Konings (inleiding)
Kyk na hierdie kort video om ’n oorsig oor die boeke 1 en 2 Konings te kry: https://www.youtube.com/watch?v=bVFW3wbi9pk
Hits: 71