Agab seun van Omri het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, meer as al sy voorgangers. (vers 30)

Jerobeam het die goue kalwerdiens in Israel ingevoer, maar sy bedoeling daarmee was nie om weg van Jahwe te draai nie. Die goue kalwers was rydiere vir die Here, en moes God se teenwoordigheid simboliseer. In God se oë was die kalwerdiens egter iets afskuweliks, hoewel die aanbidding van Jahwe steeds die staatsgodsdiens was.
Agab het verder gegaan en die Baäldiens aktief bevorder. Hy het met ’n uitlandse vrou, Isebel, getrou (vers 31). Sy was die dogter van die Sidoniese koning Etbaäl, ’n hoëpriester van Baäl. Onder haar invloed het Agab ook begin om Baäl dien, soos Salomo in sy latere jare (1 Kon 11:4). Hy het selfs ’n Baäl-tempel in Samaria gebou. G’n wonder nie dat die skrywer opmerk dat hy meer gedoen het om die Here uit te tart as al die konings voor hom (vers 33). Hierdeur het hy die Kanaänitiese afgodsdiens vir die Israeliete aanvaarbaar gemaak, en het die Baäldiens begin om die diens aan Jahwe uit te druk.
Miskien was dít Agab se grootste sonde, dat hy ander saam met hom weg van Jahwe gelok het.

image_pdfimage_print

Views: 13

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.