Die duur van Jerobeam se koningskap was twee en twintig jaar. Hy is oorlede, en sy seun Nadab het hom as koning opgevolg. (vers 20)

Jerobeam, die eerste koning van die noordelike stamme (genoem “Israel” in onderskeiding van die suidelike ryk “Juda”) het sekerlik meer uitgerig in sy twee en twintig jaar as dit waaroor die Bybel berig. Maar bo-oor alles wat hy gedoen het, staan die sonde waartoe Jerobeam die volk verlei het (vers 16).
Ons sien dit ook in die berigte oor die ander konings van Israel en Juda, bv Rehabeam (vers 21-24 en 31). Hulle word uit ’n Bybelse perspektief beoordeel, nie ’n politieke perspektief nie. As die koning nie geleef het in toewyding aan die Here nie (vers 8), wat is daar eintlik oor hom te sê?
Uiteindelik is dit die vraag wat ons elkeen moet beantwoord: Wat sal God oor jou lewe, jou doen en late, sê? Jesus het vir ons die antwoord gegee in Mark 8:36 (Afrikaanse Ou Vertaling): “Want wat sal dit ’n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?” Net as jy jouself verloën, jou kruis opneem en Hom volg (Mark 8:34), sal jy God se lof ontvang.

image_pdfimage_print

Views: 25

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.