En na die vuur was daar ’n fluistering in die windstilte.Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak en by die bek van die grot gaan staan. (vers 12-13)
Miskien was jy ook al daar waar Elia is: terneergedruk, moeg, moedeloos. Al wat jy wil doen, is om jou kop toe te trek en te wens almal wil jou uitlos. Of nog erger: jy wens jy was dood.
Dit kan met enige iemand gebeur, en dit kom oor jou op ’n tyd dat jy dit die heel minste verwag. Elia het op die kruin van die golf gery. Dan laat weet koningin Isebel vir Elia dat sy doodsvonnis klaar gevel is (vers 2). En dis asof Elia net nie meer krag het om aan te gaan nie. Hy gaan kruip weg in ’n grot by die berg Horeb.
Toe die Here hom vra wat hy daar maak, is sy antwoord (vers 10) insiggewend – hy sit homself en bejammer.
God antwoord deur Homself aan Elia te vertoon. Maar God was nie in die buitengewone (’n rukwind en aardbewing, vers 11) te vind nie. Dit was eers toe daar niks buitengewoon was nie, dat Elia iets van God beleef het.
Waar soek jý na God vir nuwe moed?
Views: 20