Daar is ook nog Simeï seun van Gera die Benjaminiet, uit Bagurim. Hy het my vreeslik gevloek … (vers 8)

Die begin van Salomo se regering is wreed. ’n Hele paar koppe rol in die proses – Salomo se broer Adonia, omdat hy as oudste seun ’n sterk aanspraakmaker op die troon was, en dan ook manne vir wie Dawid nie in sy leeftyd vasgevat het nie: Joab, wat nie net sy twee direkte konkurrente Abner en Amasa koelbloedig vermoor het nie, maar ook vir Absalom, en verder ook die Benjaminiet Simeï. Dis moeilik om Salomo vanuit die 21ste eeu se waardes te beoordeel, want hy het in ’n tyd geleef toe ’n mens se lewe goedkoop was. Maar tog.
Dawid beveel Simeï se dood omdat hy hom gevloek het (vers 9). Destyds is geglo dat ’n vloek (soos ’n seën) se invloed voortduur. Ons dink nie meer so nie. Tog kan ’n negatiewe woord, ’n gerug of skinderstorie iemand se lewe verwoes. Mense verslind verdraaide waarhede en leuens tog te graag (Spr 18:8). Jakobus sê die tong het groot mag, ’n rustelose kwaad, vol dodelike gif (Jak 3:5, 8).
Sy tong het Simeï sy lewe gekos. ’n Wyse mens tel sy woorde.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.