Die óú profeet sê toe vir hom: “Ek is ook ’n profeet net soos jy, en ’n engel het op bevel van die Here vir my gesê: Bring hom terug na jou huis toe en laat hy iets eet en sy dors les!” Maar die óú profeet het vir hom gelieg. (vers 18)
Wat het die ou profeet besiel om die profeet uit Juda na sy huis te bring? En hoe moes die profeet uit Juda geweet het die ou profeet lieg vir hom?
Ons het gister gesien dat jy God, nie mense alleen nie, moet raadpleeg voor jy besluit. My predikant-pa het gesê, as hy ’n beroep oorweeg, hy sal slegs die beroep aanvaar as die Here baie duidelik vir hom wys hy moet gaan. Die Here het hom gelei tot waar hy is, en die Here moet hom lei om weg te gaan, anders bly hy net daar.
Dit was die jonger profeet se probleem. Die Here se eie bevel en hoorsê opdragte kan nie ewe veel gewig tel nie. Welmenende mense (die ou profeet?) kan maklik sê hulle praat namens die Here, maar uiteindelik moet jy sélf by God die saak uitklaar. Net dan kan jy met vreugde die besluit neem, want dit kom van die Here.
Views: 11