Sou God werklik op die aarde woon? Die hemel, selfs die hoogste hemel, kan U nie bevat nie, hoe dan nog hierdie tempel wat ek gebou het! (vers 27)

Hierdie hoofstuk is sentraal in Israel se teologie. God is teenwoordig onder sy mense, maar Hy is ook in die hemel, want ’n gebou, hoe spoggerig ook al, kan tog nie die groot God van hemel en aarde huisves nie (vers 27). Daarom bid Salomo om gebedsverhoring vir hulle wat in die tempel, of in die rigting van die tempel, hulle bedes tot God rig, en vra hy dat God vanuit die hemel dié gebede sal hoor (vers 30 e.a.).
Uit wat Salomo bid, is dit duidelik dat die tempel as ’n huis van gebed gesien is. Jesus het ook daarna verwys in Mark 11:17 (vgl Jes 56:7). En dan nie net vir Israel nie. Salomo sluit alle volke by sy gebed in (vers 41-43). Dis merkwaardig, veral as ’n mens in ag neem dat die tempel dié simbool van Israel se uitverkore bestaan as volk van God was.
God is meer as die tempel. Hy is vandag ook steeds meer as die kerk. Ons mag Hom nie eksklusief vir ons opeis nie. Daarvoor is Hy te groot.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.