Gee my die gehoorsaamheid aan U dat ek u volk reg sal regeer en in alles insig sal hê, want wie kan uit homself hierdie groot volk van U regeer! (vers 9)

Dit klink byna soos ’n sprokiesverhaal waarin die goeie fee vir iemand ’n wens gee wat vervul sal word; net, dis nie ’n sprokie nie. Gód is die Een wat die wens vervul. En Salomo kies goed, ook volgens die Here (vers 10). Insig en gehoorsaamheid. Die 2020-vertaling vertaal dit só: “Gee dan aan u dienskneg ’n hart wat luister om as regter op te tree vir u volk, om te kan onderskei tussen goed en kwaad …”
As jý voor so ’n keuse gestel is, wat sou jy kies as jy nie geweet het wat Salomo gekies het nie? Sou jy ook gevra het vir ’n hart wat luister? Insig en gehoorsaamheid? In ons materialistiese samelewing is daar soveel ander dinge wat ’n mens kan begeer. Salomo se keuse dwing ons om diep in ons eie hart te delf en ons innigste verlangens en ideale te ondersoek. Hy het nie iets vir homself gekies nie; hy kies dít wat hom in staat sou stel om sy roeping te kan uitleef. Dís hoekom God dit goedgevind het.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.