Omdat Adonia bang was vir Salomo, het hy aan die horings van die altaar gaan vashou. (vers 50)

Adonia was ’n jonger broer van Absalom, en op hierdie stadium die oudste oorlewende seun van Dawid. Dit was duidelik dat Dawid se tyd verby was; selfs nie eers Abisag met al haar skoonheid kon iets regkry nie (vers 4). Daarom het Adonia gereken sy pa se tyd is verby, en hy roep homself tot koning uit (vers 5).
Sy poging loop lelik skeef toe Natan ingryp en met behulp van Batseba vir Salomo as ’t ware tot op die troon stoot. Dis die eerste keer wat ons lees van Dawid se eed dat Salomo in sy plek koning sal word (vers 13). ’n Mens kan maar net wonder daaroor. Dawid, wie se geheue dalk ook besig was om te kwyn, is heel moontlik hier erg gemanipuleer.
Tog, met Salomo se geboorte, het die Here Natan beveel om hom Jedidja te noem, wat beteken “geliefde van die Here” (2 Sam 12:25). Ons kan dus aanvaar dat Salomo se koningskap God se plan was, al het Hy nie ’n direkte bevel daartoe gegee nie.
God kan selfs die gekonkel van mense gebruik om sy wil te laat geskied. Dit troos my.

image_pdfimage_print

Views: 29

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.