Aan sy paleis het Salomo dertien jaar gebou voor hy heeltemal klaar was daarmee. (vers 1)

Hoewel die skrywer heelwat minder oor Salomo se paleis te sê het as wat hy oor die tempel berig het, begin hy sy beskrywing met die feit dat hy byna dubbeld soveel tyd aan die paleis se bou bestee het as aan die tempel se oprigting (wat sewe jaar geduur het, sien 1 Kon 6:38).
Dit lyk of die skrywer vir ons tussen die lyne wil laat verstaan dat Salomo se fokus van die Here na homself verskuif het. Teenoor die tempel is die paleis ’n reuseplek, waarmee hy wou sê hoe belangrik en ryk hy is. In die proses het hy sy mense swaar belas en feitlik as slawe behandel. Op die lange duur het dit die volk se sentiment teen hom gedraai, soos 1 Kon 12 wys.
Paulus skryf in 1 Kor 13 aangrypend oor die belangrikheid van prioriteite. Al die gawes en kennis (waarvan Salomo in oorvloed gehad het) verdof as jou fokus op jouself is (1 Kor 13:1-3); as jou liefde vir God moet plek maak vir liefde vir jou eie begeertes en ideale. Só word selfs die wysste man op aarde ’n dwaas in God se oë (Luk 12:16-21).

image_pdfimage_print

Views: 21

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.