Ek het ‘n tyd gelede my gemeente uitgedaag om elke dag ‘n hoofstuk in die Bybel saam met my te lees. Ons het begin met die Johannes-Evangelie, toe Romeine, toe Nehemia, en so aan. Tans lees ons die boek Josua saam.
In die tyd van inperking het ek begin om elke dag ‘n besinning oor die betrokke Bybelhoofstuk te skryf en vir ons lidmate te stuur. Toe dink ek dalk is daar van Bybelkoerant se lesers wat dit ook wil ontvang. Hiermee dus ‘n uitnodiging aan jou om vir die rubriek Lees die Bybel saam met my in te teken.
Klik gerus op die skakel hieronder waarop jy kan aandui of jy die nuwe rubriek wil ontvang:
[wpmlmanage]
‘n Bladsy sal oopmaak waarop jou ingetekende rubrieke gemerk is. Gaan na die onderkant van daardie bladsy en klik op Manage subscriptions (moenie Confirm Unsubscribe druk nie!), en dan na Subscribe in tweede ry van bo.
Ek stuur vir die eerste paar dae in elk geval vir jou die dagstukkie. As jy dit nie langer wil ontvang nie, hoef jy niks te doen nie. As jy egter vorentoe die stukkies daagliks wil ontvang, kan jy op die intekenvorm so aandui. Of epos my, dan sal ek jou self inteken.
Â