Hulle het by Josef gekom, en toe hy sien Benjamin is by hulle, sê hy vir sy hoofamptenaar: “Vat die manne na my huis toe. Laat slag en laat ’n ete voorberei, want hulle moet vanmiddag by my eet.” (vers 15-16)
Ons het grootgeword met die idee dat Josef ’n wonderlike mens was en dat hy met alles wat hy sy broers aandoen, net besig was om hulle gesindheid te toets.
As ’n mens hierdie verhaal met ’n oop gemoed lees, moet jy minstens die moontlikheid oorweeg dat Josef nie grootmoedig besig was om sy broers te toets nie, maar eerder kat en muis met hulle te speel. Hy kry hulle terug vir die ellende wat hulle hom aangedoen het. Dit lyk asof hy alles uithaal om hulle te verwar. Die een oomblik gooi hy hulle in die tronk, en die volgende oomblik onthaal hy hulle in sy eie huis.
Josef het gedink sy wraak sal soet wees, maar dit was nie. Dit dryf hom tot trane (vers 30). Daarom sê God in Lev 19:18 (vgl ook Rom 12:19): “Jy mag nie wraak neem of ’n grief koester teenoor jou volksgenoot nie, jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die Here.”
Views: 9