Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. (vers 3)

Dis mos waarna ons almal soek: om deur die Here Jesus se Goddelike krag te lewe en Hom te dien!

Petrus herinner ons dat dit nie outomaties gebeur nie. Ons ontvang dié krag na die mate wat ons Hom ken. Ons kry selfs deel aan die Goddelike natuur (vers 5)! Later skryf hy dat ons alles in die stryd moet werp om ons geloof te verryk deur deugsaamheid, kennis, selfbeheersing, volharding, godsvrug en liefde. En uiteindelik lei dit daartoe dat ons die Here Jesus beter leer ken (vers 8).

Petrus het nooit moeg geword daarvoor om oor hierdie dinge te praat nie, selfs met mense wat die Here Jesus reeds ken (vers 12). Want dit is die hart van die evangelie: ’n gefokusde lewe op Christus, en die strewe om soos Hy te word. Ons mag nooit daarin verslap nie. Ons mag nie sê: “Ons het dit al gehoor, kom ons beweeg aan,” nie.

O, om soos Jesus te word!

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.