“Manne, ek sien dat ons vaart van nou af gevaarlik sal wees en dat daar nie net groot skade aan die vrag en die skip gaan kom nie, maar ook lewensverlies.” (Hand 27:10)

By die eerste lees van die verhaal kan ’n mens maklik dink Paulus praat uit sy beurt. Hy was immers nie in die skeepsvaartbedryf nie. Dis ook wat die Romeinse offisier Julius gedink het (vers 11). Maar op ’n ander plek (2 Kor 11:25) vertel Paulus dat hy heelwat ondervinding van seereise (en skipbreuke!) gehad het. Hy het goed geweet in watter nagmerrie die beoogde seereis kon ontaard. Hierdie sou immers sy vierde skipbreuk word.
Ons roeping as gelowiges is om ons stem te laat hoor as mense dom dinge aanvang. Paulus het by God die versekering gekry dat hy nog in Rome moes kom, en het dus geweet dat hyself die reis sou oorleef. Hy kon stilgebly het en geredeneer het dis nie sy probleem nie. Só redeneer ’n gelowige egter nie, want die liefdesgebod vra dat ons aan ander ook moet dink (vgl Fil 2:4). Daarom het Paulus hom ook nie onttrek dat hulle maar sien kom klaar nie. In die storm was hy die een wat moed gegee het (vers 22).

image_pdfimage_print

Views: 0

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.