Wanneer iemand vir die Here ’n graanoffer wil aanbied, kan hy meel aanbied … (vers 1)

Die graanoffers was soos die dankoffers wat ons vandag nog ken; ’n offer waarin die aanbidder God eer vir sy goeie gawes, vir die vrug op die land en sy versorging elke dag. Dis ook ’n gebed dat die Here se seën op jou lewe sal rus.
Suurdeeg in die offer was verbode, want suurdeeg sit ’n gisproses aan die gang wat die deeg kan laat sleg word as dit nie gou gebak word nie. Daarom is die deeg nie meer vars as daar suurdeeg in is nie. Heuning is ook verbied, moontlik omdat dit deur bye gemaak word, en bye was onrein insekte (Lev 11:20-21).
Sout moes bygevoeg word, want sout het bederf teengewerk en was simbolies van blywende vrede (vgl Mark 9:50b). Sout het as simbool van vrede ook herinner aan die Israeliete se verbond met God (vers 13).
Ons dink nie meer soos die Israeliete oor suurdeeg en heuning en sout nie. Tog is die element van dankbaarheid teenoor God steeds deel van ons dankoffers aan die Here, en bring ons dit met die bede dat God, wat in die verlede gesorg het, dit in die toekoms ook sal doen.

image_pdfimage_print

Views: 18

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.