Jy het gedink jy sal altyd bestaan, altyd heers. Jy het nie aan die gevolge gedink nie, jy het nie gedink aan wat sal gebeur nie. (vers 7)
Babel was ’n instrument in God se hand om die Jode tot inkeer te bring, maar sy het haar hand heeltemal oorspeel. Sy het met die Jode gemors en hulle in die grond in vertrap. Babel het op haar eie bose dade vertrou en selfversekerd gedink niemand sien dit raak nie. Sy het gedink sy is enig in haar soort en daar is niemand soos sy nie. Maar sy het ’n groot fout gemaak. Nou gaan ’n ramp haar oorval, ’n ramp wat sy glad nie kan besweer nie.
Hierdie hoofstuk is ’n waarskuwing aan elke mens wat te veel van hom- of haarself dink, wat meen sy is in beheer van haar eie lewe; wat omstandighede manipuleer om die meeste voordeel daaruit te put; wat dink daar sal nooit ’n dag van afrekening kom nie.
God sê hier: moenie jouself bedrieg nie. Hy weet wat aangaan. Hy sien ons en Hý bepaal wat van ons word. Daarom moet ek en jy beskeie wees en Hom vir ons lewe en toekoms vertrou. Jyself is nie self in beheer nie.
Views: 92