en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose. (vers 13)
Die gevaar is daar dat ons te veel op die versoekings en verleidings van die Bose fokus, in plaas van die oorwinning in Christus. Daarom skryf Paulus in Rom 8:9: “Julle word egter nie deur julle sondige natuur beheers nie, maar deur die Gees, want die Gees van God woon in julle.” Die laaste woord is nie die versoekings nie, maar God se vernuwende werk in ons deur sy Gees!
God het raad met ons versoekings! Hy het ons doodsvyande geskaakmat deur Christus na die wêreld te stuur. In Christus het God al die planne van die bose gestuit en gefnuik. God vra nie van ons iets wat Hy nie alreeds in Christus vir ons gedoen het nie. Ook Christus is versoek. Maar met dié verskil: Hy het nooit toegegee nie. Daarom kon Hy vir ons sonde betaal, maar ook weer uit die dood opstaan, omdat Hy sonder sonde was. So het Hy die mag, die houvas wat die Bose oor ons het, verbreek. En deur sy Gees werk Hy dié oorwinning in ons eie lewens uit, hoe langer hoe meer.
Dit is waarvoor ons bid in die sesde bede van die Ons Vader.
Views: 2