(Elisa) het geantwoord: “Moenie bang wees nie, dié wat by ons is, is meer as wat hulle is.” (vers 16)

Elisa se slaaf het gedink “sien is glo.” Soos Thomas met Jesus se opstanding (Joh 20:25). En wat die slaaf gesien het, het hom nie kalm gemaak nie (vers 15): die stad is omsingel. Eers toe Elisa bid dat die Here die slaaf se oë oopmaak, kon hy sien wat Elisa sien – dat die Here daar was om hulle te beskerm (vers 17).
Hoor jy hierin die woorde van ons Here Jesus in Matt 28:20? “Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” Dit vra egter ’n ander manier van kyk, ’n geloofskyk. Dit vra dat ons God sal toelaat om ons gedagtes te verander deur ons denke te vernuwe (Rom 12:2), sodat ons nie met ’n “sien is glo”-ingesteldheid sal leef nie, maar met een van “glo is sien” (vgl Heb 11:1).
Glo is sien. Daarom kon Elisa die Here se beskerming sien, en sy slaaf nie. Mag die Here deur sy Gees ook jou en my oë oopmaak, dat ons Hom elke dag in ons lewens en in ons wêreld sal sien. Want God is nader as wat ons dink!

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.