Genesis 37:1-11

Elke ouer het iewers in sy of haar hart ’n ekstra sagte plekkie vir een van hulle kinders. Jy soek nie daarvoor nie, dit is net daar.

Dis vir Jakob die beste deel van die dag: hier waar hulle almal saam om die vuur sit, klaar geëet, en hy vir hulle die verhale van God se pad met hulle vertel: van oupa Abraham en ouma Sara, van pa Isak en ma Rebekka en sy stryd met Esau, van sy jare as vlugteling in Haran by skoonpa Laban en hoe sy skoonpa hom telkens ingeloop het … Ja, hy hou daarvan om vir sy kinders die verhale te vertel; te vertel hoe God vir hulle sorg en hulle bewaar.

Sy oog beweeg van een seun na die ander, en sy hart swel van trots. Twaalf bul-seuns, elkeen van hulle. Ja, die Here is goed vir hom. ’n Mens se rykdom lê nou maar eenmaal in jou kinders. Dan beweeg sy oog terug na Josef, liefste Ragel se eersteling. Hoe lank het hulle nie gewag op sy koms nie! En nou is Ragel nie meer daar nie. Al wat hy van haar oor het, is Josef en Benjamin. En hulle is sy hart se punt.

Josef is ’n mooi seun, soos sy ma, met ’n lieflike geaardheid. Goed, hy is partykeer nie lekker by nie, en droom sulke fantastiese drome, maar hy is sy hart se punt. Hy móét ekstra mooi na Josef kyk, want hy het nie meer ’n ma nie, arme kind.

Jakob glimlag by homself as hy die ingewing kry. Ja, dis wat hy sal doen. Hy sal vir Josef ’n lang rok met moue laat maak, net soos die koningskinders altyd dra. Dan sal almal weet hoe spesiaal hy is.

Jakob se voortrekkery het uiteindelik daartoe gelei dat sy ander seuns vir Josef gehaat het en van hom ontslae geraak het. Een van jou kinders voortrek? Dis malligheid!

image_pdfimage_print

Views: 22

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.