Die heerlikheid van die HERE het aan die volk verskyn: ’n Vuur het van voor die Here uitgegaan en die brandoffer en die vet op die altaar verteer. Toe die hele volk dit sien, het hulle gejuig en neergeval met hulle gesigte teen die grond. (vers 23b-24, 2020-vertaling)

Vreugde en geloof gaan hand aan hand. Dis die tweede karaktertrek wat Paulus noem as hy oor die vrug van die Gees skryf (Gal 5:22; vgl Fil 4:4). In die nagmaalsviering praat die (NGK-)formulier ook van die nagmaal as ’n vreugdefees. Ons sing in Ps 100: “Juig al wat leef, juig voor die Heer!” Dit is immers van ouds af God se verwagting as ons in sy teenwoordigheid kom (vgl o.a. Deut 12:7).
Ek is bevrees ek sien min hiervan wanneer ons saamkom om die Here te aanbid. Ek sien eerder stroewe en somber gesigte, selfs wanneer ons ’n lied soos Ps 100 sing. Dan moet ons ook nog onthou dat ons elke dag en elke oomblik in die Here se teenwoordigheid is, soos die Here Jesus in Matt 28:20 beloof het.
Hangskouers pas nie by gelowiges nie! Ja, dit gaan dikwels rof in die wêreld. Ja, die lewe druk ons neer. Maar ons leef in God se teenwoordigheid!

image_pdfimage_print

Views: 8

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.