by Jaco Thom | 17 Mei 2023 | Lees die Bybel saam met my, Levitikus
Een tiende van al die produkte van die land behoort aan die Here, of dit nou graan of vrugte is. Dit is aan die Here gewy. (vers 30) Die hoofstuk oor geloftes en loskoopwaardes is nie regtig meer vir ons relevant nie, behalwe dat dit ’n mens se aandag vestig op die...
by Jaco Thom | 16 Mei 2023 | Lees die Bybel saam met my, Levitikus
As julle my voorskrifte nakom, my gebooie gehoorsaam en daarvolgens lewe, sal Ek vir julle reën gee op die regte tyd, sodat die lande oeste sal lewer en die bome vrugte sal dra. (vers 3-4) Om deel van die heilige God se mense te wees, het verreikende implikasies, want...
by Jaco Thom | 15 Mei 2023 | Lees die Bybel saam met my, Levitikus
Geen grond mag permanent verkoop word nie, want die land behoort aan My. Julle is slegs vreemdelinge en bywoners by My. (vers 23) Die reëlings oor die sabbatsjaar en die jubeljaar (hersteljaar) is vir ons moderne lesers uiters vreemd, en baie verklaarders wonder of...
by Jaco Thom | 14 Mei 2023 | Lees die Bybel saam met my, Levitikus
As iemand ’n medemens beseer, moet aan hom presies dieselfde gedoen word … (vers 19) Ons ken hierdie regsbeginsel uit die Nuwe Testament. Jesus verwys daarna in Matt 5:38, waar Hy Eks 21:24 aanhaal: “’n Oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand.” Dít wat jou...
by Jaco Thom | 13 Mei 2023 | Lees die Bybel saam met my, Levitikus
Wanneer julle julle lande oes, moet julle nie die wenakkers afoes of die are wat bly lê, optel nie. Julle moet dit los vir die armes en die vreemdelinge. Ek is die Here julle God. (vers 22) Mense wat aan die Here geheilig is, behoort aan Hom met alles wat hulle is en...
by Jaco Thom | 12 Mei 2023 | Lees die Bybel saam met my, Levitikus
Die hele Israel moet My as die Heilige erken. Ek, die Here, heilig julle. (vers 32) Nie net priesters nie; ons almal word deur God geheilig!Hoe gebeur dit? Heiligheid is nie in die eerste plek iets wat jy moet doen nie, soos kerk toe gaan en nie dobbel en drink en...