Toe Hy nog nader kom en die stad voor Hom sien, het Hy daaroor gehuil … (vers 41)

Uiteindelik kry Jesus die erkenning wat Hy verdien toe Hy in ’n triomtog die stad inkom. Maar Hy huil, omdat die skare nie die betekenis van sy koms verstaan het nie (vers 42). Hulle is blind, hulle sien net wat hulle wil sien.
Wat verwag ek en jy van Jesus? Van wat Jesus kom doen het en wil wees? Ons wil almal hê Hy moet Homself bewys as die Oorwinnaar. En Jesus is dit. Hy hét oorwin. Hy hét opgestaan uit die dood. Hy regeer die wêreld. Maar sy regering lyk anders as wat ons graag wil hê. Sy regering is dié van diens. Van nederigheid. Van selfverloëning. En as ons Hom wil volg, moet ons bereid wees om onsself te verloën en ons kruis op te neem. Dis nie ’n glorieryke pad nie. Die geloofspad is een van selfprysgawe.
Daarom huil Jesus, omdat Hy geweet het hoe ons is. Omdat ons wil hê Hy moet inpas by óns planne en begeertes. Ons hou van ’n sterke Oorwinnaar, ’n beste Vriend. Ons weet nie wat om met ’n nederige Christus te maak nie, want netnou moet ons ook so word.

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.