Elihu het voortgegaan: “Hoor wat ek te sê het, julle wat die wysheid het, luister na my, julle wat die kennis het. (vers 1-2)

Elihu het die hele karakter van die vriende se gesprek met Job verander. Waar hulle hom vermaan het en probeer oortuig het van hulle siening van vergelding, neem Elihu die gesprek na die stadspoort en begin ’n hofsaak teen Job, waar die stadsvaders die jurie is (vers 2). Volgens hom is Job se argumente soos dié van die goddelose mense, en hy hoop sonde op sonde tussen hulle op (vers 36-37). Boonop beweer hy dat Job sou gesê het dit baat ’n mens niks om die wil van God te doen nie (vers 9). So verdraai hy Job se woorde om sy regsaak te wen.
Wat Elihu met hierdie regsaak probeer, is om God se eer te verdedig en vir Job as skuldige uit te wys. Dis natuurlik ’n totale miskonsepsie om te dink God het mense soos Elihu, of enige iemand anders, nodig om vir Hom op te kom. Hy kan sy eie sake behartig, en doen dit ook. Dis nie ons taak om God se handelinge te probeer verdedig nie. Ons kan dit gerus onthou as iemand God se besluite bevraagteken.

image_pdfimage_print

Views: 22

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.