Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus wat Homself as ’n losprys vir almal gegee het. (1 Tim 2:5-6)

Hoewel Paulus meestal in sy briewe van Christus praat as die Verlosser (Fil 3:20; Ef 5:23 e.a.), noem hy in die Pastorale Briewe God meermale “ons Verlosser”, soos hier in vers 3, en ook in 1:1. Ons het nie hier ’n teenstelling tussen God en Christus nie. Ons verlossing is die genadewerk van God én van Christus (vers 5,6).
Vir ons is dit nie vreemd om na Christus Jesus as “ons Middelaar” (vers 5) te verwys nie. Dis egter net hier en in die Hebreërbrief (Heb 8:6, 9:15 en 12:24) wat Hy só genoem word. Paulus lê klem daarop dat Jesus sy middelaarswerk as mens gedoen het (vers 5), want Hy het namens ons voor God gestaan om ons los te koop (vers 6).
Menige moderne teoloë sê Christus is net een van verskeie weë na God, om so ruimte te maak vir ander godsdienste soos Islam. Paulus weerspreek dit. Vir hom is daar net een Middelaar tussen God en die mense. Jesus is die enigste Weg (vgl Joh 14:6). So het Petrus ook onomwonde gesê (Hand 4:12).

image_pdfimage_print

Views: 2

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.