Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. Die ander gevangenes het na hulle geluister. (Hand 16:25)

Paulus en Silas het verstaan dat jy nie net Christen is as jy by die bidplek met mense oor die Here praat nie. Jy is ook Christen as jy onskuldig in die tronk beland, flenters geslaan en met jou bene wyd oopgesper in ’n folterblok. Daarom sing hulle in die tronk! Hulle het verstaan dat jou geloof elke enkele sekonde van jou dag kleur. Dat jy nie maar net ’n boodskap ontvang het om met mense te praat oor die Here nie, maar dat jyself die boodskap is. Alles wat jy doen en sê (of nie doen en sê nie) is deel van die boodskap dat God die wêreld liefhet.
Ons ís die boodskap. Jou hele lewe vertel vir almal wat wil en nie wil hoor nie, wie jy is en Wie jou God is. Jy verkondig iets, nie net met wat jy sê nie, maar veral met wat jy is, hoe jy leef, hoe jy werk en hoe jy ontspan en hoe jy koop. Jy is die boodskap. Ons is die boodskap. Die vraag is natuurlik: Watter boodskap is ons?

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.