Lees: Joh 20:11-23

Ons lewe in die era van die afwesige pa’s. In baie huishoudings is daar nie ’n pa nie, óf omdat hy die huis verlaat het, óf omdat hy vanweë werkdruk of ander faktore vir alle praktiese doeleindes afwesig is. Talle kinders word sonder die weelde en geborgenheid van ’n pa groot. Ek lees iewers dat 68% van alle geboorteregistrasies in die laaste 5 jaar in Suid-Afrika nie enige besonderhede van die pa bevat nie.

In só ’n stukkende wêreld kom Jesus sê ’n ongelooflike ding vir Maria Magdalena: sy Vader is ook haar Vader, en ons s’n. Dieselfde intieme band wat daar tussen Vader en Seun is, word nou ook aan jou geskenk. Jy hét ’n Pa, bo en behalwe jou aardse pa wat dalk nie in jou lewe daar is vir jou ’n pa behoort te wees nie.

Dink ’n oomblik daaroor, en skryf dan neer wat dit beteken dat God die Vader en Jesus ’n innige band gehad het. Hoe het dit Jesus se lewe gerig? Wat het dit vir Hom beteken dat God sy Vader is?

Wat beteken dit in jou eie lewe dat God jou Vader is, net soos Hy Jesus se Vader is? En watter implikasie het dit vir jou verhouding met Jesus? Wie is Hy vir jou, as sy Vader ook jou Vader is?

Gebed: Dankie, hemelse Vader, dat U ook mý Pa is.

image_pdfimage_print

Views: 1

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.