by Jaco Thom | 21 Jul 2025 | God gee om
Lees Kol 2:6-23 en 3:1-4 Droom jy ooit oor die wederkoms? Oor die nuwe hemel en die nuwe aarde wat dan gaan aanbreek? Baie gelowiges verkies om liewer nie aan die wederkoms te dink nie. Dit is vir hulle ’n vreesaanjaende gedagte, want die konnotasie wat ons met die...
by Jaco Thom | 18 Jul 2025 | God gee om
Lees Kol 2:6-23 en 3:1-4 Die dag toe jy saam met Christus daar op Golgota gesterf het, het Hy jou weggesteek by God. Dis tog wat hier staan, nie waar nie? Jou lewe is saam met Christus verborge in God. Hoekom steek Hy jou weg? Waarvan, of van wie? Van Satan,...
by Jaco Thom | 17 Jul 2025 | God gee om
Lees Kol 2:6-23 en 3:1-4 Hoe moet jy prakties maak om te lewe as iemand wat saam met Christus opgewek is? Paulus se antwoord is eenvoudig: strewe na die dinge wat daarbo is, waar Christus is, en rig jou gedagtes op die dinge wat daarbo is. Dis nogal ’n mondvol. Met ’n...
by Jaco Thom | 16 Jul 2025 | God gee om
Lees Kol 2:6-23 en 3:1-4 Een van die probleme wat baie gelowiges het, is dat Jesus se sterwe ’n groter rol in hulle lewe speel as wat sy opstanding doen. Ons is mense van die kruis, en minder so van die leë graf. Jy kan jouself hieraan toets. Skryf neer waar jy die...
by Jaco Thom | 15 Jul 2025 | God gee om
Lees Kol 2:6-23 en 3:1-4 Paulus sê die probleem met wettiese godsdienstige reëls is dat dit ons verblind. Dit het ’n skyn van wysheid. Dit lyk baie goed en fatsoenlik en vroom as jy Sondag ná Sondag in die voorste bank in die kerk sit en nie jou maandelikse inkopies...
by Jaco Thom | 14 Jul 2025 | God gee om
Lees Kol 2:6-23 en 3:1-4 In Paulus se tyd was daar talle reëls wat in die godsdiens gegeld het. Veral rituele reinheidswette, en kos wat rein of onrein is, het sterk oorgeloop uit die Joodse godsdiens waaruit die Christelike geloof gegroei het. Vandag dink ons glad...