Lees Jakobus 1:19-27

Jakobus 1:25:
Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat ’n mens vry maak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen.

Op die oog af maak dit wat Jakobus hier skryf nie sin nie. Hoe kan ’n wet ’n mens vry maak? Bind die wet jou dan nie juis vas nie?

’n Eenvoudige beeld verhelder die situasie. ’n Hele klomp motoriste kan dieselfde pad gebruik sonder om ongelukke te maak omdat hulle hulle by die verkeerswette hou. Die verkeerswette lê jou aan bande, want jy mag nie aan die regterkant van die pad ry nie ens., maar as jy jou daaraan hou, kan jy veilig ry. God se wet werk ook so. Dit vrywaar jou van sonde as jy jou daardeur laat bind. As jy jou bv. laat bind deur die wet dat jy nie mag egbreuk pleeg nie, sal ’n mooi vrou ’n mooi vrou bly en nie ’n versoeking wees nie, want jy sal nie eers oorweeg om ’n verhouding met haar te begin nie.

Natuurlik verg dit ’n wilsbesluit. Maar as jy toelaat dat die Here Jesus jou lewe beheer, ontdek jy dat sy Gees jou help om God se wet uit te leef.

Die bose kom selde toevallig oor ons pad. Ons nooi hom meestal uit. (Hennie Aucamp, Pluk die dag)

image_pdfimage_print

Views: 68

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.