“Ek sal al die bewoners van die bergwêreld verdryf om vir die Israeliete plek te maak, van die Libanon af tot by Misrefot-Majim, al die Sidoniërs. Intussen moet jy híerdie gebiede as besitting aan Israel toewys soos Ek jou beveel het.” (vers 6)

Op die oog af lyk dit of hierdie hoofstuk net ’n klomp plekname bevat. ’n Mens is sommer lus en blaai verby! Tog is hier heelwat om te herkou. Josua is al baie oud, maar die verowering van die land is nog nie afgehandel nie (vers1). ’n Mens sou verwag dat die kwessie van ’n opvolger vir Josua nou aan die orde sou kom; dat Josua, soos Moses voor hom (Deut. 31), die leisels aan iemand sou oorgee om die verowering af te handel. Maar dis nie wat gebeur nie. Die Here belowe dat Hy self die oorlog verder sal voer. Intussen is daar werk: Josua moet die verowerde gebiede verdeel sodat die mense die land kan begin bewoon en bewerk.

Dit is wat navolging van ons ook vra. Ons hou vas aan God se beloftes, maar intussen mag ons nie armpies gevou sit en wag tot alles perfek is voordat ons vir Hom begin leef nie.

image_pdfimage_print

Views: 2

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.