Die Here gee krag aan sy volk; die Here seën sy volk met oorvloed. (vers 11)
Psalm 29 is ’n lofpsalm met ’n tipiese raamwerk. Dit begin met ’n oproep om God te loof (vers 1-2). In dié geval word die engele opgeroep. Dan volg die rede waarop God geloof moet word in vers 3-10: die tekens van God se skeppingsmag in die natuur – die donderweer, weerlig, watermassas. Dit is alles tekens van sy groot mag wat selfs die wildsbokke laat skrik.
Dít is die Here wat ons aanbid en dien. Hy heers vir altyd as koning (vers 10). Daaruit volg die psalm se slotsom: Ons magtige Here sal ons nooit in die steek laat nie, maar seën met oorvloed.
As jy tekens van God se grootheid en majesteit in die natuur ervaar, loof Hom dan saam met sy engele. Aan Hom kom al die eer toe, ook joune en myne. Loof Hom sommer nou!
Views: 14