Die goddelose het baie smarte, maar wie op die Here vertrou, dié omvou Hy met sy liefde. (vers 10)

As ’n mens oor sonde dink, is daar twee foute wat jy kan maak. Jy kan jou só blindstaar teen die sonde en jou eie sondigheid dat dit jou totaal verlam. Toe ek jonk was, was dit menige predikant se aanslag, en het hy oor niks anders as sonde gepreek nie. Dit was vir my nogal neerdrukkend, om baie eerlik te wees.

Aan die ander kant weer kan jy jou eie sondigheid ontken, soos dikwels in ons tyd gebeur.

Dawid kies ’n derde opsie: bewus van sy eie sondigheid vlug hy na God toe en ontvang God se vergifnis. Daarom sê hy dit gaan goed met hom (vers 1), en kan hy van sy knieë af opstaan en ’n oorwinningslied sing (vers 7). Dit is ook die raad wat hy ons gee: vlug na die Here, want Hy omvou jou met sy liefde (vers 10).

Dít is die geheim van ’n lewe vol blydskap. Daarom kan Dawid, en ons ook, ons in die Here verbly en juig!

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.