Terwyl Hy ’n keer saam met hulle aan tafel was, het Hy hulle beveel: “Moenie van Jerusalem af weggaan nie, maar bly wag op die gawe wat die Vader belowe het, soos julle van My gehoor het. […] julle sal binne ’n paar dae met die Heilige Gees gedoop word.” (vers 4-5)

Die boek Handelinge begin waar Jesus met sy dissipels praat oor die koninkryk van God. Hy sê ook dat hulle in Jerusalem moet bly wag op die gawe wat die Vader beloof het (vers 5). Dit is die eerste stap in God se plan vir sy kerk.

Dit lyk asof die dissipels hoegenaamd nie inneem wat Jesus sê nie, want hulle is nie geïnteresseerd in die koninkryk van God nie. Hulle prioriteit is die koninkryk vir Israel (vers 6). Dit is dieselfde patroon as die aand voor Jesus se kruisiging: Jesus praat met hulle oor sy kruisdood wat op hande is, en hulle stry oor wie die belangrikste is (Luk 22:24).

Maar voor jy jou kop in ongeloof skud – dit is ’n eg-menslike ingesteldheid, hierdie soeke na eiebelang. Ons sukkel nou maar eenmaal om soos Johannes die Doper uit die hart te kan sê: “Hy moet meer word en ek minder (Joh 3:30).

image_pdfimage_print

Views: 61

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.