… dit is Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee. (vers 25)

Ons aanbid ’n wonderlike God. Paulus stel dit so mooi dat ’n mens eintlik net wil sit en daaroor nadink: “Dit is Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee.” Lewe en asem en alles – ook joune. Dit kom van God. Of: “… deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons.”

Ek wonder of ons genoeg ons verwonder en verbly in God, en daaroor nadink. Dit is immers een van die oudste geloofsdissiplines en loop terug tot in die Ou Testamentiese tyd. Dawid skryf bv in Ps 27:4 (BDV): “Een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek bly nastreef: om my lewe lank in die huis van die Here te woon, om die lieflikhede van die Here te aanskou en daaroor na te dink in sy tempel.”

Paulus was so vol verwondering oor God dat hy dit met almal wou deel. Daarom, toe hy in Athene kom, gryp hy die geleentheid aan om met die mense daar oor God te praat.

Partykeer wonder ek hoekom ons nie méér oor God praat nie. Dalk omdat ons te min oor Hom dink?

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.