Almal wat dit gehoor het, was verbaas en het gesê: “Is dit nie die man wat in Jerusalem die mense wat hierdie Naam aanroep, wou uitroei nie? En het hy nie ook hierheen gekom om hulle gevange te neem en voor die priesterhoofde te bring nie?” (vers 21)

Die boek Handelinge vertel die verhaal van hoe God, deur die Gees, besig is om die wêreld vir Christus te wen. Dis ’n ongelooflike verhaal, vol verrassings, soos toe ons gister gelees het van die eerste nie-Jood se bekering. Vandag se gedeelte vertel ook van ’n bekering, en dit bevat ’n nóg groter verrassing: die aartsvyand van die kerk kom tot geloof! As dit nie die Bybel was nie, sou ons gesê het dis iets wat net in stories gebeur.

Hier is ’n stuk humor: dat God vir Saul (Paulus) kies. Ek glo Hy het by Homself geglimlag toe die voortvarende en kragdadige Saul van Tarsus aan die hand Damaskus toe gelei is. En sekerlik ook toe die einste vyand no. 1 van die kerk in die sinagoges begin verkondig dat Jesus die Seun van God is (vers 20).

God is ’n God van verrassings. Wat ’n voorreg om in Hom te mag glo!

image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.