Die Here het Moses met rus gelaat net toe sy sê: “bruidegom wat deur bloed beskerm word.” Dit het betrekking op die besnydenis. (vers 26)
Hierdie verhaal laat my baie dink aan onsself, wat so maklik verskonings kan uitdink wanneer die Here op ons tyd en energie aanspraak maak. “Asseblief tog, Here, stuur liewer iemand anders,” is Moses se antwoord (vers13). Dít nadat die Here hom op baie maniere bemagtig het vir sy taak.
Uiteindelik hét hy ingewillig en met sy vrou en seun uit Midian vertrek om die volk van God te lei. Maar langs die pad keer God hom voor. Die bisarre verhaal waar Sippora hulle seun besny voordat God hulle toegelaat het om na Egipte te gaan, laat ’n mens wonder hoekom Gersom (Eks 2:22) dan nie toe reeds besny is nie. Die boodskap lê waarskynlik daarin dat jy nie in diens van God kan staan as jy ongehoorsaam is aan sy voorskrifte nie. Moses kon nie die volk lei terwyl hyself ongehoorsaam was nie.
Wanneer God jou roep, vat Hy jou net soos jy is. Maar jy moet weet, wanneer jy ja sê op sy roepstem, gaan jy nie bly soos jy is nie.
Views: 9