… beywer julle om te profeteer en moenie die gebruik van ongewone tale of klanke verhinder nie. (vers 39)

Spreek in tale was in Korinte baie populêr. Paulus sê dat hyself meer in tale praat as hulle almal (vers 18). Hy is egter baie versigtig as hy oor dié gawe praat, want dit maak net sin vir die hoorders as iemand dit kan uitlê (wat weer ’n ander gawe van die Gees is).

Die gawes wat die Heilige Gees aan gelowiges skenk, is immers in die eerste plek gegee tot nut van die gemeente as geheel, nie om enkelinge belangrik te laat voel nie (vers 12; kyk ook weer na die oordenking by hoofstuk 12). Om te profeteer is belangriker vir die gemeente as spreek in tale, sodat die Woord van God duidelik en verstaanbaar oorgedra word (vers 1).

Uit wat Paulus in hoofstuk 12:31 en 13:1 skryf, is dit duidelik dat die gawe van liefde die één gawe is waarop ons almal moet fokus. Hy herhaal dit in 14:1. Dis nie ’n gawe wat net enkelinge ontvang nie; om lief te hê is immers ’n opdrag van die Here self. Ons ontvang dit ook in oormaat van die Gees (lees gerus Rom 5:5!). Dít is hoe God sy gemeente bou.

image_pdfimage_print

Views: 62

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.